Welkom by Groot Stem Afdruk E-pos
Doel
Ons is 'n groep gelowiges, toegewyd en in een akkoord om die ware Evangelie op die Internet te versprei.Daar is 'n hongersnood in die wereld vir die Woord van God, en hierdie webblad is 'n poging om die te voed wat honger is vir ware geestelike voedsel.
Ons is biddend op soek na God se wil vir die webblad en vra die geheiligdes om vir ons te bid in hierdie tyd van afvalligheid.
Ons mandaat is duidelik, ons doelwitte vas gestel; die oorlog is aangese vir die siele van mense. Tog is ons enigste opregte begeerte om God veheerlik te sien; wat is meer van belang? Toe ons Saligmaker die Vader verheerlik het, is die wereld gered.
"O GOD, HOE WONDERLIK IS U WEE"
'n Groot Stem
Die tyd is besig om vinnig uit te loop, en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om 'n beroep aan alle mense orals te doen, om te bekeer. Bekeer van vieslike gedagtes, wereldse begeertes, afgodery, and dooie werke. Bekeer van die soeke na die roem van die mense, bekeer van woede, vloekery, drinkery, afguns, afpersing, skynheiligheid, onkunde, leuns, hoogmoed, laster and stelery. Jesus he gese as jy nie bekeer nie sal julle almal vergaan in julle sonde; dit beteken om te gaan na ewige pyniging in die hel.
Ons pleit by u; oordink u wee, want die Skrif se duidelik: “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.” (Gal 5:19-21)
Wanneer ons sien hoe desperaat ons toestand is in die lig van God se Regverdigheid en Heiligheid en ons sou neerval by Sy voete met 'n gebroke en verslae hart, net dan sal Hy ons hoor. Bekeer en glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word.
Laai hierdie boodskap af om beter te verstaan.