|
|
|
Ons groet u in die Wonderlike Naam van die Here jesus Christus. Dit is vir ons 'n groot voorreg om u te dien.
Een van die redes waarom dit vir u moontlik is om ons preke en artikels gratis af te laai is oor die Here wat se; “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee”. So moet asseblief nie handel dryf met hierdie materiaal nie. Ons sien hierdie waarskuwing van God wat se: “ en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie”.
Dit beteken u mag die preke dupliseer en verder versprei. U mag dit nie verkoop of verander nie. Mag God se Evangelie vrylik en ongehinderd uitgaan; ja, dat die Lam eens geslag, die vergoeding van Sy Leiding kan ontvang. Vraag? Het die materiaal op GrootStem.org kopiereg? Antwoord: Ons het gepoog om net materiaal beskikbaar te stel wat in die publieke domein is en sal sodoende sonder kopiereg wees. Indien u besorgd is omtrent enige kopiereg of voel dat u die eienaar is van enige van die materiaal wat op die webblad beskikbaar is, kontak ons asseblief.Aflaai
|
|