|
Groot Stem se |
|
|
FundamenteelTwaalf onbestrede stellings.
Ons glo almal in een ware God, wat bestaan uit drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees. Die drie is gelyk vir ewig, elkeen met sy onderskeie persoonlikheid in een en dieselfde wese. (Hebreers 1:1-8; Kolossense 2:9; Handelinge 5:3-4; Hebreers 9:14; 1Johannes 5:7-8)Ons glo almal dat die Bybel die mondelikse, inspirerende Woord van God is en dat dit die enigste, onfeilbare maatstaf van geloof en toepassing is. Die Woord van God, vernaamlik die New Testament is die standaard waar volgens die christen sy lewe moet inrig. (Mattheus 5:17,18; 2Timotheus 3:16,17; 2 Petrus 1:19-21; Openbaring 12:17/ 22:19)Ons glo almal dat Jesus Christus die ewige en almagtige Seun van God is, dat Hy die wêreld in gekom het, deur die maagd gebore en geleef het onder ons sonder sonde as volkome Man en volkome God. (Jesaja 9:6; Mattheus 1:23; Johannes 1:1/ 14:9; 1Korinthiers 15:3-4; Hebreers 7:25)Ons glo almal dat Adam in ‘n oomblik geskape is in onskuld na die beeld van God. Deur vrywillige oortreding, het hy geval, en as gevolg is die hele mensdom sondaars van natuur en daad, daarom, onder regverdige veroordeling tot ewige skeiding van God. (Genesis 1:26-27; 3:1-5; Romeine 3:23; Romeine 5:12-19; 1Korinthiers 15:22)Ons glo almal dat Jesus Christus die Nasaréner Sy bloed gestort het op Golgota as ‘n plaasvervangende dood in plek van alle sondaars, was begrawe en het weer liggaamlik opgestaan uit die dood, opgevaar na die regterhand van God die Vader, van waar Hy weer persoonlik sal terugkeer. (Johannes 3:16/ 14:1-3; Handelinge 1:9-11; 20:21; Romeine 5:1-21; 10:13; 1Korinthiers 15:1-3; Kolossense 1:20-23; Galasiers 3:24-26; 1Johannes 3:3; 1Petrus 1:5)Ons glo almal dat mense word geregverdig uit genade deur die geloof in die uit-gestorte bloed en opstanding van die Here Jesus Christus sonder enige mengsel van werke. (1Korinthiers 15:1-22; Galasiers 2:16; Efesiers2:7-9; Titus 3:5-7; Hebreers 8/ 10:23; 1Johannes 1:7)Ons glo almal dat die Heilige Gees die sondaar veroordeel, wederbaar, hielig maak, en inwoonend is in die gelowige; en die gelowige vul met krag tot effektiewe diens. (Johannes 3:3-8/ 16:6-13; Romeine 8:11; 1Korinthiers 3:16-17/ 6:19-20; Lukas 24:49; Handelinge 1:4-8)Ons glo almal in ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk van gelowiges en dat God voorsiening gemaak het vir elke gelowige om in die oorwinning te lewe, deur gelei te word deur die Heilige Gees en nie te wandel na die vlees nie. (Johannes 12:46/ 15:1-8; Romeine 8:1-14/ 11:27; Titus 2:11-12; 1Petrus 2:9-10; 2Petrus 1:3-4; 1Johannes 3:5)Ons glo almal in die opstanding van beide die geredde en die verlore – die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. (Handelinge 24:15; Johannes 14:1-3; Mattheus 5:12; Hebreers 6:2; Openbaring 22)Ons glo almal dat Satan ‘n werklike wese is en dat die hel ‘n plek van ewige bewuste straf vir hom, sy leër, en alle ongelowiges is. (Job 1:6-12; Jesaja 14:5-19; Mattheus 13:50/ 3:12/ 25:41; Openbaring 14:11/ 20:12-15)Ons glo almal dat die Skrif Christene beveel om te vlug van alle vorms van kompromieë met ongeloof. (1Timotheus 6:11; 2Timotheus 2:22; Hebreers 3:12-19; Jakobus 4:4)Ons glo almal dat die Bybel vir ons verskeie beginsels voorhou van ‘n heilige lewe, met gevolg as ons hierdie beginsels leer en navolg, sal ons onderskeiding hê om valse lering en konsepte te kan weerlê en te vermy. (Jeremia 15:19-21; Spreuke 2; Johannes 7:16-17; Romeine 12:1-2; Hebreers 5:13-14; 1Timotheus 6:3-5; 2Johannes 1:10)
|
|